You are viewing a single comment's thread from:

RE: CONTEST & Winners! Choices! What will it be? #76

in Steem For Ladies4 months ago

My liewe vriendin, die hele ou wereld van ons is deurmekaar. Dit bly die weer is maar net nog 'n toevoegsel.

Sneeu op die bergpieke is algemeen by ons in die winter maar dit is waar die eindig. Die was die swaarste sneeu wat ons nog gehad het en dit in die lente. 1,800 Motors het vasgesit in die sneeu en 2 persone het gesterf.
Dit was ook ons koudste paar dae van die jaar. Geen wonder ons drie was siek.

Gaste van Duitsland het vir ons vertel dat hulle skaars sneeu gehad het die jaar. Nou kom hulle Suid Afrika toe vir 'n somer vakansie en hulle kry sneeu hier.

Gister and was dit op die nuus dat die warmste dag nog ooit op aarde was die jaar op 22 Junie. Erens is daar beslis iets besig om te gebeur.

Ai! Ek is jammer om te hoor van jou seun. Ek hoop van harte dat hy nie seer gekry het nie. Die kinders. Al is hulle groot bly hulle nog ons babas.

Ek hoop jy kan darem noual 'n bietjie rus.

Dankie, 'n glimlag en 'n mooi daggie vir jou ook.
Liefde! 💕

Coin Marketplace

STEEM 0.18
TRX 0.23
JST 0.035
BTC 98206.91
ETH 3012.29
SBD 3.76