Wen R100steemCreated with Sketch.

in #competition5 years ago

Vriendelike Dankie Sê Kompetisie!

Nou met die Corona Virus wat amper vir almal so op hol het, het ons so ietsie nodig om ons moraal so bietjie te lig.
My oupa en pa het gewoonlik,wanneer 'n mens af gevoel het, gesê: “Tel jou seëninge, my kind. Tel hulle een vir een...”.
Die liedjie sê ook so...

(Miskien kan jy dit luister terwyl jy verder lees?)

Dis ook hulle manier om dankie te sê dat u ons borge so ondersteun het deur die jare.

Hoe Werk Die Kompetisie?

Goue Krugerrande Pretoria en die facebook blaaie van die volgende drie nie winsgewende projekte borg die kompetisie.
Terloops, mens kan op die groen name click om meer te leer oor hulle.

  1. Werk Vir Suid-Afrikaners in Kanada} (“Click” hier om 'n foto te sien ) en
  2. Spekvet Spaarvark en
  3. TimeBank Pretoria
  4. Goue Krugerrande Pretoria

Hulle nooi ook ander borge uit om ook donasies te gee wat ons dan by die prys geld kan sit.
Dan dateer ons die borge lys en die prys geld op.

In elk geval, jy nomineer iemand om die prys te wen. Iemand wat iets vir jou gedoen het en/of iemand wat vir iemand anders iets gedoen het wat jou geïnspireer het. Sien die “replies” op hierdie artikel vir voorbeelde.
In jou nominasie (“post/comment”) vertel jy ons hoekom jy dink die persoon die R100 prys moet wen.

Ons het die gehoor as beoordelaars.
Die Facebook gehoor (audience). Elke beoordeelaar (Judge) stem deur die "like" knoppie op die nominasie te druk.

Die nominasie wat die meeste “likes” op facebook kry wen.

Die reëls

Die reëls is op hierdie steem it blad.
Ons behou die reg voor om die reëls te verander.
Enige een wat in Pretoria omgewing bly kan deelneem.
Jy mag meer as een mens nomineer.
Jy mag vir elkeen stem wat jy voel die prys moet wen.
Jy mag meer as eenkeer stem.
Jy mag ander vra om vir jou nominasie te stem deur jou post op ons facebook blad te “like”.
Jy het vier dae tyd om jou nominasies in te skryf. Sperdatum is Woensdag.
Sit jou nominasie in 'n “reply” op hierdie artikel asseblief.

Die R100 is in die vorm van kontant, goud, silwer. Die wenner se keuse. Dit word deur Goue Krugerrande Pretoria geborg

Terloops, hou enige van die vier facebook bladsye dop veral vir TimeBank Pretoria vir nog kompetisies en nuwe verwikkelinge.

By Voorbaat Baie Dankie Dat Julle die Goeie Nuus Deel!

Coin Marketplace

STEEM 0.18
TRX 0.15
JST 0.029
BTC 62214.82
ETH 2429.20
USDT 1.00
SBD 2.68